Die Heilige Gees as Skepping se Gees

Wat is die Heilige Gees? Soveel verkeerde leerstellings veroorsaak dat mense verward raak. Daar is te veel in die kinder Bybel en stories oor die gees wat eerder na bang maak stories klink.

As die Heilige Gees Heilig is dan het dit absoluut niks te maak met bang maak stories en spoke nie. Ons moet eers verstaan wat heilig beteken alvorens ons kan praat oor die doel en funksie van die heilige Gees in die Skepping.

Die Heilige Gees

Die Heilige Gees

So moet ons eers verstaan wat jou eie gees behels. Waaruit dit bestaan en wat die funksie is wat jou gees moet vervul om jou voortbestaan te verseker.

Die gees binne jou kan jy nie ignoreer nie. Die gevoel van verlange en liefde is nie iets wat jy vir ‘n rekenaar kan leer nie. Jy kan nie dat ‘n masjien gevoelens voel nie. Jy kan senuwees verstaan maar nie die geestelike toestand van ‘n ander mens nie.

Jy kan logika verstaan en ontleed maar nie bekommernis, liefde en selfs haat nie. Teleurstelling kan jou gevoelens so erg laat voel maar tog kan jy dit nie wetenskaplik verklaar nie.

Jy is ‘n mens met ‘n gees. Die gees wat jou kan glo dat God bestaan maar nog meer dat jy sy liefde kan ervaar. Jy kan jou lewe meer waardeer en opkyk met verwondering oor wat God jou bied.

Jy is ‘n spesiale mens en jy het ‘n spesiale God wat alles vir jou doen en gee wat jy nodig het. Tot in alle ewigheid. Lees die feite, lees die lewende e-Boek. Die Skepping se Gees.

In die bybel is daar ongelukkig nie ‘n hoofstuk wat jou leer oor die Heilige Gees nie. Dit is hoekom die lewende e-Boek geskryf is en in die adendums gee ons jou die Bybel geskrifte oor die gees. Dit is sodat jy die Bybel beter kan verstaan maar ook wat dit vir jou beteken as mens.

Jy is spesiaal deur God geskape, Jy het ‘n doel op aarde en jy moet jou lewe en toekoms ontdek…

Koop Die lewende eboek as Die saamgestelde Skepping se gees hier: Affiliatebank in Afrikaans

 

 

Een antwoord op “Die Heilige Gees as Skepping se Gees”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui